Wednesday, November 9, 2011

Boomerang.

Boomerangs.  Dis snaaks hoe ek altyd die idee van ‘n boomerang scary vind. Nog altyd. Toe ek jonger was het ek altyd gewonder hoekom kry mens nie in Suid Afrika boomerangs nie. Ek weet nie eers of mens doen nie maar ek het net gedink dit is van Australie en dit kan mens seermaak. Net nou vang ek die ding mis en dit tref my onderste tande en ek is tandloos of net nou tref dit my boob. Ouw kry sommer ‘n kramp. 
Nou dat ek ouer word besef ek boomerangs maak my bang want ek is bang vir die terugkomslag. Ek is bang vir gevoelens wat ek al jare wegbere  in my hart in ‘n toe gegroeide music box vol mos wat diep diep diep dieper as die Titanic se “Heart of the ocean” is.  Ek probeer soveel keer emosies en denke vermy en dan op ‘n dag Boomerang dit terug en al probeer ek hardloop soos Forest Gump kan ek nie wegkom van daai harde stuk plastiek nie en ek probeer so hard want ek weet dit gaan my hart en siel vierkantig/reghoekig/driehoekig tref dat daai music box vol mos gaan opval en my in die oe staar.
Face the music. Ek verpes daai stelling. Ek is lief vir musiek maar nie die soorte musiek nie. Die viool se tremelo en die tjello se diep melancholies klank penetreer my hartsnare teveel sodat al my, of altans die min gremering wat ek dra tot op my sleutelbeen drip en dan weet ek die boomerang het die music box se liedjie laat speel en ek moet dit face.
Dit is vir my altyd opvallend hoe mense ‘n front opsit van dat dit goed gaan. Dat alles glad verloop, dat hulle insync is met hul alledaagse gebeurtenisse en met God. Ek weet, ek doen dit ook alhoewel ek paar Facebook rants kan gooi en my kerel se ore van sy kop af moan oor kinders wat nie luister nie. Rant en moan ek oor die dinge wat almal weet maar nie oor wat seermaak nie. Nie oor die dinge wat elke 3de maand weer kom boomerang nie. Baie van ons loop met n rugsak vol boomerangs. Daai rugsak word so vol dat ons sonder dat ons weet dit begin aanleer om soos n hunchback te loop en glimlag. 
Dinge gaan terugkom na jou toe. Dinge gaan nie net soos mis voor die son verdwyn nie maar jy moet stadig maar seker daai boomerangs uit jou rugsak gooi. En weet jy wat is die wonderlike ding van die Man daar bo? Net soos wat hy insync is met ons harte is hy insync met boomerangs. 
As jy dit vir hom in die wolke opgooi  laat Hy dit nie terugkom nie.

Wednesday, June 1, 2011

Ps 84 vers 4

Hoekom kry sommige ouers kinders? Dit is 'n aanhaling wat al meer as duisend keer deur my kop gegaan het. Ek verstom my hoe kinders optree en ek besef elke dag alhoemeer dat hulle optredes gekoppel is aan die manier hoe hulle ouers hulle grootmaak. "Probleem kind, probleem ouer". In die afgelope 7 weke het my mond oop gehang oor die woorde wat uit kinders se monde wals. Ek het dae wat my hart so groot is soos die blinde puisie op my neus en dan wals daai kleingoed se woorde reg in my siel in. Die wals het nog nie sy 1-2-3 ritme voltooi nie en dan sit daar 'n ongemaklike knop in my keel wat soos 'n opgooi nabrand voel.

Isabella is 'n klein innoverende gedroggie. Sy lewe nie regtig in 'n wereld van haar eie nie want 'n wereld van haar eie sal nie eers kan afwyk van realiteit nie. Die kind se gedrag is net verstommend. Ek dink sy is al moeg vir "Wat is daai goed langs jou kop huh? Ek is seker dit is nie ore nie". Sy voel net 'n vet freakin veer. Vir Graad 1 het sy darem maar 'n wil van haar eie en eers as sy in tranne uitbars besef ek sy is maar net 7 jaar oud. Die eerste dag wat ek haar waargeneem het het iets my begin pla. My hart was so onrustig gewees en nie oor sy nie 'n woord hoor wat mens vir haar se nie maar oor daar 'n ongelooflik volwasse hartseer uitdrukking in haar oe is. Mens kan sien haar glimlag verbloem al die ellende wat sy al moes deurmaak. Terwyl haar Juf haar ma bel na skool sit sy by my en huil. "Juf weet, as julle my pa wil bel kan julle nie want hy is dood. Net toe ek gebore is ne....so het juf vir my 'n sweetie...want ek is hartseer". Nadat haar ma weer getrou het na haar pa se dood het Isabella se nuwe pappa dood verongeluk. Toe trou haar ma weer, verseker sonder om die man  hart en siel te ken want die man wat sy liefde aan haar beloof het is 'n skietsovreen. Arme Isabella. Geen standvastigheid nie. Dit wil voorkom asof sy al vandat sy in haar ma se baarmoeder was al moed opgegee het.

Lamont. Wat is indrukwekkende naam vir 'n 7 jarige en verseker 'n naam wat die hele skool omtrent ken. Sy naam loop hom verseker vooruit. Hy is die Lady Gaga van die laerskool. Ek was altyd so opgewonde as sy klas musiek toe kom want hy is so entoesiasties as hy sy kaalvoete by die deur insit. Probeer gretig al my vrae beantwoord en is vreeslik behulpsaam. Pouses het kinders met skete en pyne die kantoor binne gestroom en as die juf vra wat gebeur het het hul net een naam genoem "Lamont". Dan skud die juf haar kop, sug en gaan soek die 7 jarige boelie. Vandag het ek hom in aksie beleef. Skop hy 'n gummie bear look-a-like laaitie dat hy doer trek. Ek het hom aangespreek maar dit was asof 'n demoon in sy piepklein liggaam in gevlieg het. Hoe meer ek hom probeer keer hoe meer slaan hy enige persoon wat in sy sig kom. Self vir my. Hy druk toe vir gummie bear teen die muur, skeer al sy knope van die skoolhemp af en verwurg die arme kind dat ek hom nie eers kan keer nie. My hel. Ek se jou, dit was 'n tragiese affere. Lamont se ma is 'n onderwyser by die skool. Sy het hom daar kom aanspreek, of altans op hom gegil soos 'n maer vark. "Ek gaan jou vandag dokter toe vat dat die dokter jou ore kan toets want jy luister nie". Ek dink die dokter moet mamma se mond toets want al wat jy kan doen is skree" kap hy terug. Sy ma het haar gat gewip en weggeloop en hy het daar in miljoene tranne uitgebars. "Sy skree net op my, dis al wat sy doen. Sy skree en skree en skree". Sy ma en pa het die jaar geskei en dis glo die rede vir sy optrede. Ek is honderd persent seker daarvan dat daar meer agter geslote deure aangaan.

Downsindroom kinders is dalk "Jesus se engeltjies" maar verseker nie 'n juf sn nie. Ek moes al paar keer vir Zander oppas. En kyk, dit is 'n opdrag wat jou geduld toets sodat jy kort kort 'n hertoets ook moet skryf en dan weer druip en dan weer her. Hy het diep in my hart gekruip die eeste dag wat ek vir hom gekyk het. Sy gunsteling tydsverdryf is om die pad te vat en dan moet jy maar jou laerskool atletiek drome herleef en hom probeer vang. Vir so lekker ronde lyfie kan hy flippen vinnig in sy spore trap. Dan sal hy nog om kyk en 'n komieklike "HAAAHAAHAA" uiter en vinniger hardloop. Zander geniet nie skool so baie nie. Hy wil nie op sy stoeltjie sit nie en wil net "Tom&Jerry" kyk. Hy kry gewoonlik elke dag sy sin en kyk dan Tom&Jerry in die media sentrum. Sy ma was vreeslik ontsteld oor hy "Tom&Jerry" kyk want dit maak hom "te opgewonde". Dis al wanneer die engelkind regtig lekker lag. Mens kan met hom toor maar nee dis nie goed as hy te opgewonde raak nie. Sit hom in 'n skool waar al sy maatjies dieselfde is en hy meer stimulering op sy vlak kry. Ek is seker hy sal nie dan die pad vat nie. Of nee wag dit beteken hy gaan dan "Te opgewonde" wees.

Na 'n lang rowwe dag van hartseer kinders kry ek my aupair maatjies en gaan huis toe. Mieke sien toe 'n vet dooie duif op die grasperk en ek weet toe hier kom moeilikheid en baie verduideliking. Kyk, ek het nog nie 'n 6 jarige ontmoet wat so passievol is oor diere nie. Sy het al  'n vreesaanjaende moviese slang op haar skouers gehad, aan harige spinnekoppe gevat en miere se lewens probeer red. Sy wil 'n "dieredokter" word so toe ek my handsak in hulle huis gaan neer sit en opdraai het Mieke die mierbelaaide vet dooie voel alreeds in haar 2 handjies gehad. Ek wou nog se sy moet hom neersit maar ekt geweet sy gaan hom probeer red. Die ding was stokstyf so ek het stilletjies in my mou gelag. Dr Mieke het besluit ons moet dooie duifie begrawwe. Nadat sy haar barbie se barbeque spaan gebruik het om die gat te grawwe het haar tweeling sussie Cayla die kinderbybel gaan haal en ousus Sabelle was die dominee. Cayla en Mieke was in tranne want die dooie duif is dalk 'n mamma of dalk 'n kind en ai dit was so hartseer ek het weereens met 'n opgooi nabrand knop in my keel gestaan en troos.  Cayla het 'n stukkie kamma uit die kinderbybel gelees en toe lees ousus Sabelle waar sy die bybel oopmaak. En daar staan ons 4 in die koue om die oopbek stywwe duif se graf en Mieke vra nog of die duif al in die hemel is toe lees Sabelle heel "toevallig" die volgende versie "Self 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by U woning, Here almagtige Koning en God!"

Die kleingoed is nog te klein om te besef  dat die versie so gepas was vir die geleentheid maar  Jesus se lig het my hart vuurwarm geskyn met die wete dat Hy elke klein hartseer snotneusie in sy almagtige hand palm bewaar.

Saturday, April 23, 2011

*If you wish upon a star*

Ek word onlangs weer betower deur ou classic Disney films. Mnet wys op saterdaeaande die maand ou  Disney films en my hart is weer 6 jaar oud. Ek het sommer vir my ‘n Disney compilation album gaan koop. Ek ry laasweek laatmiddag klas toe en tref toe verkeer. Ek het met soveel oorgawe en passie “A whole new world” vollebors gesing dat my motor buurman vir my gegiggel het. Ek het sonder moeite op my “Magic carpet” deur die verkeer gevleg met ‘n smile op my gesig en ‘n genie in my hart.
Soos ek weer geinspireer word deur die films en die soundtracks het ek net weer besef hoe mens van kleins af geindokterneer word deur die wyse woorde “Follow your dreams”..”Wish upon a magic star and your dreams will come true”…”And they live happily ever after”.
Daarom kon ek op ‘n verhoog stap met ‘n mikrofoon in my hand en sonder om te blik of bloos vir ‘n gehoor vol mense sing. Ek het die selfvertroue van Prince Charming gehad en die gelaatstreke van Belle van Beauty and the Beast. Ek het moed soos Simba gehad en die wil van Ariel van Little Mermaid.  “Grootmense” verkleur die lewe met pragkleure soos van ‘n reenboog en sorg dat die kleintjies met glinsterende oe na die wereld kyk al kyk hul nie met dieselfde oe nie. Hoe ouer mens word hoe wyser word mens en hoe meer sien ons deur die “magic words” van grootmense en films. Ons prinses/held  harte begin stadiger klop en ons hoopvolle uitkyk op die lewe word sinies. Die droomwereld verdwyn soos ‘n poef klank. Ons word aangemoedig om in ‘n kleurryke droomwereld te lewe as ons klein is en eweskielik op ‘n dag word daar vir ons gese “Jy moet ophou om in ‘n droomwereld te lewe. Jy is nou in die grootmens wereld. Ruik die realitiet en word groot. Vader Krismis bestaan nie, feetjies was nog nooit gebore nie en die tandmuis woon in jou ma se beursie." Hierdie woorde laat jou rebeleer soos Peter Pan. Jy wil nie groot word nie. Jy wil wegkruip vir die realiteit skaduwee wat jou om elke hoek en draai terg.
Niemand vertel vir jou jy moet hard werk vir jou drome en dat jy nie net daarvoor kan wens nie. Niemand vertel vir jou jy gaan seerkry en kwaad word vir die wereld nie. Niemand vertel vir jou jou lewe en alles waarin jy geglo het kan in 24uur verander nie. Nee, jy moet oornag groot word en die baba poef doek realiteit reuk tref jou neus soos ‘n popcorn poep. Jy laat jou drome seevier in die donkernag, draai jou kop weg van daai mooi reenboog en die ou bekende classic “somewhere over the rainbow” laat jou aan ‘n tragiese ouetehuis eetsaal dink.
My proef internskap is nou al 2 weke agter my rug en een waardevolle ding wat ek besef het in die 10 dae van klasgee is dat ek in die bevoorregte posisie is waar ek nie hoef groot te word nie. Ek kan maar nog ‘n kind bly. Dit is vir my noodsaaklik om nog ‘n kinder hart te besit want dit maak my juffrou-wees soveel makliker. Ek was lanklaas so gelukkig en vol hoop en vreugde in die  2 weke as wat ek in ‘n lank tyd was. Ek loop met ‘n Disney wysie in my hart en kan klein snotneusies in die onmoontlike help glo. Ek het self weer in die onmoontlike begin glo en al die siniese denkwyses het saam met die bok stamppead soos in the lion king verdwyn.
Nee, dit is nie nodig om te vertel van hartseer en swaartye  nie maar dat dit okei is om nog op verskietende sterre en uitval wimpers te kan wens.  Dit is noodsaaklik om nogsteeds vas te klou aan jou drome en nie dat die klein onnodige kopstampe in die lewe jou reenboog vir jou swart verf nie. Daar is ‘n pot aan die einde van die reenboog en nee jy gaan nie goud, diamante of dollars daarin kry nie maar die geleentheid om iets met jou lewe te doen wat jou elke dag hoendervleis gaan gee.
So daarom hoop ek dat daar ander “grootmense” daar buite is wat ook saterdae aande die Disney classics deur kinder oe sal kyk sodat hulle weer daai tikkie hoop in hul lewe kan terugkry.
Somewhere over the rainbow,Skies are blue
And the dreams that you dare to dream
Really do come true...

If happy little bluebirds fly
Above the rainbow
Why, oh why, can't I?

Monday, March 21, 2011

Mot moordenaar.

Ag vervlaks!Ek spring van  my bed af en hardloop kombuis toe. Ek maak die kasdeur onder die wasbak oop en soek ongeduldig na die DOOM. Ek hardloop terug kamer toe met ‘n ietwat “goosebumps” voorblad gesiguitdrukking waar my tande grasgroen word en my oe bloedrooi vertoon van waansinnige woede. “pppsssssssssssssssssssssssssssssssss  ppsssssssssssssssssssssssssssssssssss  pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssssss ppppsssssssssssssss psssssssss” Ek spuit vreesaanjaend en toe sommer nog ‘n keer “pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssss psssssssssssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssss”. Oe dis amper orgasmies laat ek net nog ‘n lekker lang spuit gee “pssssssssssssssssssssssssssssssssssss” Daarsy jou vabond! Ek bere die Doom blikkie op my vensterbank vir ingeval ek weer geteister word later die aand. Ek hoes my blindederm uit en gaan staan vir ‘n ruk voor die televisie sodat die DOOM nie my longe vergiftig nie. Ken ons almal nie hierdie gebeurtenis nie?
Naand julle, ek is Marleen meisiekind Roode, ek is ‘n mot moordenaar. Hallo Marleen. Motte. My liewe insecure gediertes. Ek se jou, ek dink motte is oor die algemeen emo. Hulle voel minderwaardig oor hulle die “lelike eendjies” van die vlinder familie is. Ek begin al hoe meer dink hulle probeer selfmoord pleeg teen my lampskerm en die mure. Hulle is die kleur van stoelgang. Dit gee jou meer as genoeg rede om ‘n muur te wil breek. My een vriendin is doodbang vir ‘n mot. Sy het ‘n traumatiese insident ervaar met hierdie stofbelaaide skobbejakke. “Marleen, jy mag hierdie nooit ooit vir iemand vertel nie maar daar het gisteraand ‘n mot in my oor in gevlieg. Na ‘n gesukkel het my ma hom uit gekry, dit was aaklig, dit het gevoel of daar ‘n swerm buie in my oor was van al die gezoom”. Soos ek is moes ek my bolwang kieste behoorlik byt om nie uit te bars van die lag nie. So, ek sal nie my vriendin se naam noem nie aangesien ek nie toestemming het nie. Voel soos gister wat sy vir my vertel het en dit is al 7 jaar terug.
Ek bly nie alleen in my kamer nie. Andre is ook ‘n inwoner. Andre is ‘n klein  spinnekoppie. Regtig piepklein. Sy spinnerak is bokant my gordyn reeling. Sy gunsteling tydsverdryf is om te wieg. Hy was seker by ‘n Andre Rieu vertoning want dis mos wat al die mense in die gehoor doen. Ek sal ‘n mot vermoor maar is te lui om op ‘n stoel te klim en vir Andre te DOOM. Hoekom? Want Andre  pla my nie. Hy hump nie my skootrekenaar skerm, my mure, my ligte of my oor nie. Hy wieg bo my kop met ‘n Johan Strauss komposisie in sy gedagtes, woon “spinning” klasse by en weereens, wieg. Ek val myself nou in die rede maar daar was laas week ‘n “vadertjielangbeen” in my kerel se badkamer. Hoekom sal mens altyd eers wanneer jou broek op jou enkels is en jou agterstewe die koue sitplek bereik het besef daar is 'n langbeen spinnekop wat jou dophou. Dis asof hy eers begin senuweeagtig  raak as mens vir hom kyk. Dan begin hy ook te wieg, maar op ‘n spaanse tango. Hulle bly nog heel kalm maar wanneer mens die toilet flush gaan hul beserk en dis wanneer ek rillings kry en uithol asof ek op kole trap.
Om terug te kom by my Mot moordenaarreeks. Hoekom hou motte so baie van lig? Kyk ek het nou al die vraag net so in boere Afrikaans gegoogle en ek kry nogsteeds nie ‘n goed genoeg rede nie. Soos ek kan aflei is daar een of ander meganisme in hulle drollerige lywwe wat hulle laat hunker na die lig. Soos ‘n obese 14 jarige wat probeer wegbly van die yskas af, maar sy kan nie. Hulle is verslaaf aan lig. Hulle het ‘n fetish met die maan ook maar aangesien hulle emo, laeselfbeeld insekte is weet hulle die gesegde van “Reach for the stars, because just maybe you’ll land on the moon” is ongelukkig nie op toepassing van hulle klein vlerkies nie. Hulle is verlief op die maan, soos in Princess and the frog waar daai hillbilly vuurvliegie ‘n obsessie met die maan het. So my liewe mot maats settle nou vir second best en verkrag my lampie.
Nadat ek so bietjie oor my mot maats gelees het het ek hulle begin jammer kry. Hulle is soos daai eensame siele wat hulle eerste liefde verloor en enige iemand of enige iets aanlok om oor hulle hartseer te kom. Hulle is verslaaf aan lig. Hoe meer ek dit se hoe mooier klink dit vermy. Motte is verslaaf aan lig.  En al irriteer hulle my ontsettend baie het ek besluit om my DOOM blikkie in die kas onder die wasbak te gaan terug bere, hoekom? Want motte is inspirerend. Ja, uit die mond van ‘n mot moordernaar.

Daar is ‘n stowwerige skobbejak in elkeen van ons maar ons DOOM ons liggies te vinnig uit en probeer die lig te vermy. Die donker is mos meer aanloklik vir sommige van ons. Ons kruip die donker in soos ‘n gedrog in die nag.  En op ‘n dag, verblind die lig ons oe so asof ons vir ‘n week aanneen donkerkamertjie gespeel het. 

Ek het die mot binne my al telkemale gepssssssssssss. Die lewe neem mens mos maar op ‘n treinrit deur donker tonnels waar jy jou asem probeer ophou oor jy jou eie kop wil volg, jou eie baas wil wees, jou eie probleme wil hanteer en jou lewe in jou eie hande wil neem. Jy blinddoek jouself teen die lig omdat jy voel niemand is daarbo wat jou laste vir jou LIGter kan maak nie. Hoekom wil jy die lig na jou toe aantrek as jou gloeilamp maar net weer verdof na ‘n ruk. As ons maar net kon aanhou en aanhou soos 'n mot. Sonder om moed op te gee vir die Lig. Rozanne het nou die dag so pragtige status gehad “There’s a crack (or cracks) in everyone…that’s how the light of God gets in.” 
Ek gaan die week die mot binne my aanwakker en inspirerende stof afgee. Ek wil ook verslaaf wees aan die lig.
My gloeilamp gaan van vandag af brand soos 'n stout kind se boude.

Sunday, March 13, 2011

Roltrap Liefde

Ek het nog altyd 'n manie teen "roltrap liefde". Paartjies wat op roltrappe staan en mekaar omhels asof hulle mekaar groet op  'n lughawe. Hulle stap heel rustig en hou hande vas totdat hulle voete die eerste roltrap bereik. Dan is dit verby. Die meisie staan gewoonlik op 'n trappie hoer as haar kerel sodat haar borste gelyk is met sy neus. Dan fluister hul vir mekaar "sweet nothings", lag uit hulle naeltjies en gee mekaar soetsappige spoegerige soene dat franse manne hulle ontbyt sal terug sluk met 'n nabrand in die keel. Sodra die roltrap rit verby is stap hulle weer heel rustig langs mekaar en hou hande vas. Roltrap liefde. Wat is dit met roltrappe en paartjies? Hoekom word hulle labido's aan die "rol" gesit sodra hulle roltrappe bereik?

Ek stap nou die dag heel rustig langs my kerel en hou hande vas. Ons doen bietjie oog aankope en identifiseer celebrity look-a-likes in die dorp. Ons voete bereik die eerste roltrap en onmiddelik sit ek my arms om sy lyf en soen hom op die wang. "ag gee my 'n soentjie swartkat" vra ek heel desperaat. "Maar jy het dan aan die begin van ons verhouding gese jy vind dit nie baie amusant as paartjies op roltrappe soen nie"...um um um um Oh ja. Ek doen nie.

Daar trap maltrap meisiekind in die roltrap strik. Ek het nou nie my pelvis soos elvis teen sy  ribbekas gepenetreer nie maar ek was bewoe op die roltrappe met little less conversation and a little more action please as my tema lied.

Dan is daar 'n ander kerel-en-nooi aktiwiteit wat my koue rillings tot in my bunion gee. "Bed braggers". Hoekom wil jy foto's op Facebook laai terwyl jy en jou geliefde 'n kussing deel." Kyk julle!!!!Ons le saam op die bed!!!!!Ek het hom sopas bevredig met paar soene  en nou le ons op dieselfde bed!!!!DIESELFDE BED!!Kyk julle!!Dis op Facebook!!!" Ek het darem nog nie in die "bed bragger"  strik beland nie alhoewel ek agtergekom het mens se hare val nogals heel romanties op die regte plekke as mens langs mekaar le en "perdie piepie" vir 'n kiekie.
Laai dit op Facebook?
Nee.

Louwma Boshoff is in 'n verhouding met Dewald focker.

"Louma boshoff sien vanaand weer my outjie. Ag ek het so na hom verlang. Het hom 4 ure terug gesien..hehe agggg hy is so hot Mwah LieV vir jou"   (LieF)
Louma Boshoff le nog heerlik in my sAxY bF se Arms en kYk Grey's. Oe hy is Saxy.
Louma Boshoff kan nie Wag Om moRe my wArm patat te Sien nie.Mis hom So baie julle outjies
Louma Boshoff ai dis Alweer Blou Maandag. Mis my man. (Nie geweet daar was 'n troue nie??Man?)
Louma Boshoff Mis my man so baie vandag, ek voel somr Sad :( sniff sniff vanand gan ek jou op Mwaaah
Louma Boshoff kan nie glo my broer is vanoggend oorlede nie, jis ek Gan Jou Mis kleinboet..gelukkig sien ek vanaand my SaXy outjie..Mis jou My man mwah mwah.
Louma Boshoff jy is 'n Do*s, Ek haat jou. Kan Nie glo ek Het nie bEsef jy is Soos die ander nie.
Louwma Boshoff gAn vanaand Dans tot die son Op kom. Lekker Girlfriendzzzz
Louwma Boshoff is nou enkellopend

Louma laai nou dronk party foto's op Facebook en beoefen nou 'n nuwe stokperdjie = haatspraak teenoor haar eks-"Man".

As jy in 'n verhouding is weet jy dat die dinge wat jou voorheen geirriteer het van jou onenkellopende vriedinne nou jou alledaagse bestaan is. Jy beland maar in paar strikke wat jy nie geweet het jy ooit sou doen nie. Liefde maak jou kop 'n parkie vol jungle gyms en jy wil alles uit toets en ry. Goed dit klink nou gladnie dubbelsinnig nie en nie soos ek dit wil uitdruk nie. Jy gaan jou liefde met die wereld wil deel wat jy vir jou beter helfde het. Maar daar is 'n fyn lyn tussen geseend voorkom en soetsappige en persoonlike informasies met 'n sosiale netwerk te wil deel. Dalk is dit die rede hoekom Louma* en Dewald* se paadjies geskei het.

Hoekom  roltrap liefde beoefen as jy kosbare, persoonlike huisbak liefde kan deel?

Wednesday, March 2, 2011

hartedief

Ek het 15 harte in my kamer. Harte wat hang, kussing harte, hart halssnoere, 'n hart fotoraam. Oh nee wag!Ek het 16 harte. 'n Hart look-a-like klip. Harte is vir my die pragtigste vorm wat bestaan. Ek raak kinderlik opgewonde oor harte. Ek sien harte oral raak. Soms lyk dit nie heeltemal soos 'n hart nie maar ek sien die hart raak in alles. Vandat ek kan onthou doodle ek hartjies in my handboeke, dagboeke, op serfette, op notaboeke as ek op die telefoon klets,op my hand, op die banke by Universiteit, op verjaarsdagkaartjies, op my Facebook wallposts, op die gestoomde spieel in die badkamer.  Ek sien mense se harte raak nog voor hulle 'n woord praat. Ek sien HARTseer die vinnigste raak op vrouens se gesigte wat seer het. Langs die pad  met baba's op hul rue, die wat wag vir taxi's en stylvolle tannies wat in die malls so gretig inkopies doen. Die hart sien alles raak.

Ek het weer onlangs my liefde vir skryf ontdek. Nie dat mens wat ek nou doen skryf noem nie. Daar is woorde is my siel wat ek net uit my moet kry. Ek is HARTstogtelik besig om paragrawwe te vorm deesdae. My siel het "unfinished business". As ek skryf dan vlug daar ‘n spook uit my. Vrek, dit klink vreesaanjaend. My woorde vloei reg van my hart uit.Daar sit ‘n klein dogtertjie met 'n fransevlegsel in my hart wat op 'n tikmasjien tik wat gekoppel is aan my hart. Woord vir woord sweef die lettergrepe vrylik deur my are tot by my vingerpunte. Die meisiekind met die fransevlegsel het onglangs aan my gekarring oor die harte wat ek so opmerk en die wat ek die afgelope tyd nie raakgesien het nie.

Soos ek na die hartjies in my kamer kyk besef ek dat hierdie harte spesiale mense in my lewe vertolk. Mense wie gevorm het aan die meisiekind wie ek vandag is. Wie saam my  die gejaag van die lewe op dreef geneem het. Elke hart het 'n spesiale plek in my, um hart.  Die klein harte in my kamer is die kleinmensies in my lewe. Ek is 'n trotse tannie van 5 en 'n halwe hartjies. Die halwe hartjie is nog besig om te groei  in haar moeder se maag. Ek kan nie my lewe indink sonder die 5 engelhartjies nie. Tian,Sg, Daneal, Andre en Isabel se name is met 'n permanent marker op my hart geskryf. Die 5 hartjies het my al meer van die lewe gewys as wat my 22 jaar se ervaring my geleer het. Die kussing harte in my kamer is my maatjies. Sommiges is al vandat ek kan onthou net daar en sommiges is nuwe harte wat net op die regte tyd in my lewe ingewals het. Ek het 'n sagte plek vir elkeen van hulle in my hart. Ek is een van die min mense wat kan se dat ek nog nooit my ware harte verloor het nie. Die draadhart is my moeder wat my regbuig as ek verkeerde draaie maak en draadloos verkeer. Dan is daar 'n hartjie wat nie in my kamer is nie maar op my kerel se regterduim. Aan die begin stadium van ons kys het ek eendag in detail na sy hande gekyk en die klein hartjie op sy duim opgemerk. Die lyne op sy duim het 'n klein hart gevorm. Ek en hy kon ons oe nie glo nie want lyne was  'n perfekte hartsvorm. Hy het dit self nog nooit opgemerk nie. Die klein hart op sy duim beskryf presies die tipe hart wat hy het. 'n Klein hartjie. Klein maar getrein soos die oumense altyd gese het. Hy is die HARTklop in my lewe. Die HARTsbegeerte wat ek nooit geweet het bestaan nie. Die feit dat ek orals harte opmerk en daai dag een sommer op hom raakgesien het was van vroeg af 'n teken dat hierdie klein hart vir altyd 'n groot rol in my lewe gaan speel. "God made a home for me in his heart".Dan is daar 'n perfekte grys hart klip. Die pragtige klip is Jesus. Die rots waaran ek so gretig vasklou en wie my sanity is. Die klip kan nooit vergaan nie. Hierdie sterk hart is op speeddial in my lewe. Een van die tweeling wat ek au pair se vandag vir my sy praat met Jesus as sy bang is vir die donker. Ek noem toe vir haar dat ek altyd "Jesus liedjies" gesing het as ek bang geword het. Vreeslik bekommerd het sy geantwoord " Maar ek ken nie Jesus liedjies nie, regtig Tannie ek kan nie al daai grootwoorde onthou nie. Ek weet nie eers wat beteken "DIEN" nie. Daar is 'n liedjie by die skool wat ons sing van "Dien vir Jesus" maar asb se vir my wat dit beteken" Ek moet ook altyd my pose hou met die kleingoed wat sulke ougat vra vrae en so bekommerd is oor die onbenullighede in die lewe.

Onlangs het ek al hoe minder harte begin raaksien. Ek is so besig deur die dag. Dis asof 'n warrelwind al die harte opgeraap het en weggewaai het.'n Hartedief het al die harte kom steel want  ek fokus net op my dag se gebeure dat ek nie die klein lukrake dinge meer so raaksien en aanvoel nie. Ag gaan ons almal nie maar deur sulke warrelwind fases nie. Isabel en Daneal het onlangs by my en ouma kom oorslaap. Tweejarige Isabel het in die middel van die nag onrustig geword en haar kussing langs myne kom sit. Daar is 'n klein "glow in the dark" hart teen my plafon.
 "Ahhhhhhhhh, oeeee, kyk tannie leen, kyk!!!!" wys sy met haar piepklein vingertjie na die plafon. "Dis 'n hartjie!" So opgewonde, mens sou sweer haar pers hero Barney het vir haar kom kuier. Half 3 die oggend het ek besef hoe lank terug ek daai hartjie gesien het en haar opgewondenheid het my HARTsnare so geroer. So laaste maar nie die minste nie doop ek die klein "glow in the dark" hartjie "Isabel". Ek dink dis hoekom ek 'n juffrou gaan word, want dis altyd die KLEIN mense in my lewe wat my die KLEIN dinge in die lewe laat raaksien en my weer van voor af HART en siel laat glo in die GROOT dinge wat saak maak.

Sunday, February 27, 2011

"PENIS enlargement cream"

Ek is keelvol om die sag-op-die-tong woord PENIS om elke boom, lamppaal of vullisdrom te sien.  Penis is een van daai woorde wat presies klink soos wat dit lyk. Mot is ook vir my een van daai woorde. In elk geval, nie die ougatste woord om heeltyd aan vas te kyk nie. Die eerste keer wat ek bewus geraak het van hierdie PENIS cream advertensies was toe ek een hittige middag na klas besluit het om  die ou pamflet uitdeler by die verkeerslig se las vir hom minder te maak. Ek het so gelag vir Dr Tshabala se wonderroom en dat jy na 1 sessie 'n verskil sal waarneem. Ek het die bewoording en belaglikheid so komieklik gevind dat ek  elke keer 'n PENIS pamflet by die verkeerslig gevat het tot Sabelle, die 8 jarige meisiekind wat ek aupair begin giggel het vir die pragtige woord PENIS wat op haar sitplek gele het.

Hierdie "miracle PENIS cream" het my brein weer ooraktief begin besig hou en ek het besef: Niemand is tevrede met hulself nie!Kyk, as my maerste vriendin kla oor haar selluliet op haar bobene dan wil ek kaalgat die berge inhol terwyl ek "Beautiful" van Christina Aguilera Yodel. Ek is moeg om in gesprekke te wees waar meisiekinders kla oor hulle gewig, bosserige bikini line, vet kuite en klein boobs. Ek weet ek kan net so lekker saanik en kerm maar vandag het ek besluit genoeg is genoeg!Kan ek myself herhaal? Genoeg is genoeg! Hoekom dink ons as ons net 5 Kg verloor sal ons gelukkiger wees? Hoekom voel meisies as hulle silikon in hulle borste pomp gaan hul beter oor hulself voel? As jy die IK van 'n paddastoel het dan gaan 'n D cup jou brein nie  interessanter maak nie.


Ek wil die Avatar look-a-like net 'n Big Mac voer, magies!
Ek het die naweek in hierdie Ek-moet-net-5Kg-verloor-dan-sal-ek-orite-wees slagyster getrap met my nommer 5 voetgrootte. Ek het gedink ek moet begin aandete mis dan sal ek verseker my doelwit tjop-tjop behaal toe maak die woord tjop-tjop my weer honger. Ek is lief vir kos. Ek hou daarvan om vir kos te kyk in tydskrifte, die reuk van vars WIT brood en om sommer vir my "Barbie instant cupcakes" te bak en al die inhoud daarbinne self op te eet. Ek sal nooit die lyf van Jessica Alba verower nie. Die afgelope tyd het ek besef dis nie net meisiekinders wat hierdie gewigs-issues het nie. As ek so na my kontaklys op Facebook kyk het elke 3de jan trap 'n kaalbolyf profiel prent waar hy met gekruisde arms staan sodat sy biceps groter vertoon. "Ruan fokcer is seer gegym, lekker spiere gepomp pappie" of "Susan venter VaN MoRe Af IS diT wEEr Droe TuNa en ReisKoEkies..My PerSoNal trAiner gaaN MeT my RaAs hehe mwah mwah" So verloop hierdie status updates elke dag. Dieselfde roetine van gym, dieet, gym, dieet, gym, dieet, gym..Kan mens werklik 100% gelukkig wees om jouself so te dryf na die perfekte lyf? Is dit regtig al wat saak maak in die lewe?

Daar staan erens in die Bybel dat ons na  God se beeld geskape is. Toe ek klein was het ek altyd gedink dit beteken dat elke persoon op aarde iets van God se liggaam het. Bv. Carel het Jesus se ore. Ek het Jesus se oe en Chene het Jesus se neus. Dit het my daai tyd ongelooflik spesiaal laat voel. Dat ek ietsie het wat soos Jesus lyk. Ek het vanaand besef ek gaan hierdie bybelversie weer deur my 8 jarige grysblou oe sien. My linker boob is bietjie groter as die ander een, ek dra 'n nommer 34 broek maar die knoop druk my nog so effens. My neus is bietjie skeef en soos corne se; my arms lyk soos zinzi s'n van 7de Laan. Ek kry ongelooflik skaam om in 'n bikini te verskyn op die strand en ek hou nie daarvan as daar foto's van my geneem word waar ek uit my maag lag nie want dit lyk altyd of ek 'n dubbelken het. Vir die meisiekinders wat 'n standpunt wil inneem teen "fat days" se nou die volgende woorde saam my hardop terwyl jy 'n stukkie vet tussen jou vingers vasknyp.  Maak nie saak of jou kat jou snaaks aankyk of jou ma bekommerd haar kop by jou deurkosyn insteek nie.."Elke keer as ek 'n PENIS enlargement advertensie sien sal dit my dankbaar maak dat ek nie 'n penis het nie en dat ek trots is op my vroulike kurwes".

Monday, February 14, 2011

Val-ini-tuin dag.

Val-ini-tuin-dag
Ai die rooidag het aangebreek. Rooi harte, Rooi onderbroeke en vir die meer gewaagde manne; rooi deurtrekkers. Skoolkinders met rooi t-hemde of as jy nie ietsie rooi in jou kas het nie mag jy ‘n wit t-hemp aantrek met ‘n iets rooi in jou hare soos die omsendbriewe altyd gese het. “Age nee tannie Marleen, ek het regtig gedink jy gaan vir ons ‘n  geskenkie bring. Hoekom het jy nie iets gebring nie?” Vra een van die 6 jarige tweeling meisiekind wat ek au pair. “Hoekom het jy vandag bruin aan tannie? Het jy nie iets rooi om aan te trek vir “hartjie dag” nie? Vra die ander een. “ai ek het nie eers ‘n chocolate by ‘n outjie vandag gekry nie. Ek het regtig gedink Andre Meyer gaan my vra om sy Valentyn te wees maar hy het nie. Ek wil eintlik nie alleen met hom praat nie” se die oudste een van die 3 sussies. Sabelle is nou 9 jaar oud. Sy het nou “uitgaan” ontdek. Nee nie meer Kys soos die oumense (ek) dit altyd genoem het nie. Dit is nou uit. Hulle gaan nou uit en koop vir mekaar Snoepie, kyk en waai vir mekaar. Sabelle het vir so week met Andre Meyer uitgegaan. “Hy hoef regtig nie vir my Snoepie te koop nie tannie. Ek kry baie skaam as hy dit doen” het sy al die 2de dag van die “kys” gekla en gekerm. Sy was heeltemal ontsteld gewees die dag wat hy haar uitgevra het. Gewoonlik het sy my ore van my kop afgepraat in die motorrit van die skool af huis toe. Ek het maar die radio afgeskakel en my ore vir haar gegee op ‘n silver skinkbord aangesien daar nie altyd in die huis na die kleintjies geluister word nie. Hoekom dink julle ek is daar? Elkgeval sy was in ‘n dilemma. Dag 4 het aangebreek. “Ek gaan hom los tannie, maar ek weet gladnie hoe nie. Se nou maar ek “break” sy “heart” in stukkies? Se nou maar hy praat nooit meer met my nie? Ek dink ek moet hom eers beter leer ken, oh en het ek al genoem ek hou nie daarvan as hy vir my snoepie koop nie?”
 Sy het my raad gevolg. Vir Andre Meyer ‘n slab chocolate gekoop en opgebreek met die classic “Ek wil net vriende wees” Nee tannie Marleen het nie daai line vir haar geleer nie, sy het dit self ontdek. Ek was die eerste paar sekondes trots na ek dit  gehoor het en toe bekommerd want ek het geweet baie laities gaan onder daai woorde moet swig. Vandag, op die “hartjie dag” is Sabelle bietjie omgekrap oor sy nie ‘n chocolate by ou Andre Meyer gekry het nie. Ai, die vroulike spesie is ‘n ander ding. Sabelle hou dan nie daarvan as hy vir haar snoepie gekoop het nie, maar nou dat dit valentynsdag is. My magies, nou moet hy moes uithaal en wys? Geen wonder die manne van vandag verstaan nie ons pms belaaide vroumense nie. Soos ek al genoem het….ons is regte verkleurmannetjies op smartieboksies. En nee nie onlangse kleursel vrye smarties nie. Alles kom neer op die volgende: Valenteinsdag is gelyk aan  sky high verwagtings.

G’n wonder die kleur van die dag is rooi nie. Meisiekinders sien net rooi as niks verloop soos hulle van gedragdroom het al ‘n maand voor die tyd nie. Tragies, ek se Jou. Almal wag vir hulle Edward om hulle te kom red uit die onoorspronklike lewenswyse en alledaagse bestaan. Daarom bookmark meisiekinders die 14de Februarie al weke voor die tyd en as die dag aanbreek gaan slaap hulle maar en hoop maar op volgende jaar se rooi dag.
Ek noem die wereldbekende dag Val-ini-tuin dag. Sommer maar net, kon nog nie aan ‘n kreatiewe rede gekom het vir die benoeming nie. Klink net koel. Ek het my heeleerste Val-ini-tuin geskenk by Tjaart De Lange gekry. Heel toevallig was ek ook Sabelle se ouderdom. Graad 4. Tjaart was my heel eerste Kys gewees. Hy het my elmboe lam gemaak met sy potblou oe en stoute streke in die klaskamer. Ek het heel opgewonde by die huis aangekom met ‘n dolfyn asbakkie. Ja dit was my heeleerste Val-ini-tuin geskenk.  Ek weet nie waar het ou Tjaart die geskenk gaan uitgrawwe nie maar ek was mal daaroor. 'n Glas asbak met dolfyne op. Ek lag nou so lekker oor ek die brokkie inligting kan onthou HAHA. Hy het ook vir my ‘n week daarna verras met ‘n dolfyn telefoonboekie. Kyk, ek het nie geweet ek hou van dolfyne tot ek en Tjaart begin kys het nie. Ek het nog net een geheime bewonderraar gehad en dit was toe ek in Graad 6 was. Hy het vir my ‘n vuilerige pienk poedel soft toy gegee. Ek was bitter ontsteld toe ek uitvind wie dit was. Bernard Venter, maar ek dink ek was meer ontsteld oor die simpel pienk brak net een oog gehad het.


Vanoggend wonder ek so bietjie of my kerel vir my ietsie gaan gee op hierdie “hartjie” dag. Vandag was ‘n tipiese blou maandag. Rond gekarwei en klas gehol. My eerste dag van my laaste akademiese loopbaan. Wel, sover is dit. My kerel klop so teen 20:30  se kant aan ons skuifdeur in ‘n larney pak klere.  Hy oorhandig vir my ‘n egte diamant ring met oorbelle wat daarby pas. Die tuin staan vol bloedrooi rose en ‘n oorgewig italianer wat ‘n lied op die kitaar serenade dat die sweet tot op sy goue ketting drup wat wegkruip tussen sy borshare. Nee, dit is nou nie wat regtig gebeur het nie en ek weet nie of iemand die as ideaal beskou nie. Nee, my kerel het aan die skuifdeur geklop,wel nagesweet ja, in sy rugby oefen klere met  ‘n pakkie TnT butter flavoured springmielies, ‘n pakkie Astros en ‘n sjokolade Sterie Stumpie. Al my gunsteling lekkernye.  My maag pyn nou so bietjie na ek my lekkernye sommer op eenslag verslint het maar my hart is so gelukkig soos ‘n bediende op payday. Ek het weer so vuurwarm gevoel in my hart gekry soos wat ek gekry het met my dolfyn asbak. Terwyl ek so heel knoesig  my kop op my kerel se skouer gerus het het ek besef hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het.

 

Saturday, February 12, 2011

Ballade.

1995.  Eistodfod in die skoolsaal. Het spesiaal linte gekoop vir my hare en my skoolskoene was blink gepolish. Ek het bewerig voorentoe gestap, trappie vir trappie tot ek op die klavierstoeltjie gaan sit het. Myself heewat nader aan die klavier se pedale gestoot aangesien ek nog bietjie te klein was vir die groot instrument. Ek het Ballade for adeliene deur Richard clayderman gespeel. Goed, die solo instrumentale spel was op ‘n einde en die duet afdeling het afgeskop.  Ek en my moeder was heel eerste op die program. Stap heel selfvoldaan verhoog toe omdat my ma langs my sy is. Ons speel ‘n eenvoudige duet en toe ons die laaste noot tokkel, buig en by die verhoogtrappies afstap sal my ma se linkervoet besluit om vas te hak en daar ski my ma op die skoolsaal se teels soos ‘n gelukkige pikkewyn in Alaska. Doodsbekommerd help ek haar op en daar begin die gehoor te skater van die lag. Ek het my 6 jarige fronsie opgesit, my kop vir die gehoor geskud en my ma gesmeek dat ons maar net kan ry want ek was vreeslik ontsteld dat hulle nou vir my moeder lag.  Mense mag nie vir die beste moeder in die wereld lag nie.
Ek gaan fliek saam my ma. Die fliek het skaars begin en soos oumense se blasé maar te vinnig oorvol word moet haar blaas haar badkamer toe jaag. Gelukkig sit ons redelik aan die kant anders moet sy met haar lomp voete verby al die mense skuif, springmielie bokse omvoeter en die gehoor steur.  Wat al so baie gebeur het. Sy kom uiteindelik by die trappe uit en daar besluit haar linkervoet alweer om vas te hak en daar  verloor sy haar balans. Ka-doeffff op die trappe. Die jong tiener meisies voor my begin te giggel, ek giggel half gedwing saam en skuif alhoemeer af in die fliek se sitplek.
Moral of the story? Lag maar vandat jy klein is vir jou ouers want hulle word eventually irriterend soos ‘n ou stukkie springmielie dop tussen jou tande. Genade, het ek nou sleg gevoel oor ek my geskaam het vir haar  getrippery. Daar in die donker fliek teater was ek weer die opgewonde bokstertjie meisiekind in 1995. Daai dag was eweskielik so helder in my gedagtes ek kon die klavierklawwers se tekstuur weer van voor af onthou. Vrae het in my kop gedopper. Hoekom kyk ek nie meer op na my ma nie? Hoekom is sy nie meer die enigste persoon op die heelaal vir wie ek “ontelbaar” lief is nie? Ek onthou ek het altyd vir my ma gese ek is 100% lief vir haar maar net 98.8% lief vir my pa. HAHA! Wat ‘n ego booster moes dit nie vir haar gewees het nie!Ek weet dit is nogals onmenslik om hierdie volgende stelling van enige iemand van my ouderdom te verwag maar hoekom kan ons nie meer ons ouers deur dieselfde kinderlike oe sien as wat ons hul gesien het toe ons klein piekenienies was nie? Weer in hulle te glo soos wat kinders in Liewe Jesus glo? Met oorgawe, geen twyfel en oormatige hoop? Net om aan die uitdaging te dink laat my alklaar handoek, waslappe en tou opgooi. Ek het besef dat my ma nie verander het nie maar ek.  Ek is nou ouer en “wyser”. Ek is streetwise my bra. Ek ken mos nou al die Ins and outs van die lewe.  My ma is al amper 60. Ptttf. Wat is 60 as jy amper 23 is? Wat meer kan sy weet?.... Ek mag dalk 98.8% streetwise wees maar my liewe moeder het 100% meer wysheid as ek.
Ek het nogals lanklaas net vir die pret voor die klavier gaan sit en gespeel wat my hart wou hoor.  Ek het op die klavierstoel gaan sit, gegaap en my vingers het heel spontaan Ballade for Adeliene begin speel. Nostalgie het uit my grysblou oe begin stroom. 2011. sitkamer, met ongekamde hare sonder linte en kaalvoet het ek weer opnuut besef ek is waar ek is as gevolg van my lomp linkervoet moeder.

Thursday, February 10, 2011

ouma se kind.

“Ek het in my kinderjare vasgeglo in kersfeesvader, in werklikheid ry hy mos met ‘n slee”. Ja Laurika, ek het ook. Kersfeestyd was die tyd van die jaar waarna ek die meeste uitgesien het. Nee, dit was nie die lekker feesmaal of geskenke wat my opgewonde gemaak het nie. Dit was die hoop om Kersvader in lewende lywwe waar te neem. Ek het oukersaand saggies uit die gastekamer van my ouma se groot huis uitgeslyp en by die stoep se groot venster in my pienk prinses nagrokkie gewag en gestaar na die maan. Ek het myself verbeel kersvader vlieg met sy slee verby die maan. Ek het geweet dit is my verbeelding maar het daai aand in die bed geklim en myself probeer oortuig dis waar totdat ek aan die slaap geraak het.

Vandag woon my ouma nie meer in ‘n pragtige groot huis nie maar in ‘n klein vertrekkie in die ouetehuis. Sy weet nie meer wat is haar naam,van of haar ouderdom nie. Sy noem my ma “tannie” , gesels met ‘n groot plastiese pop en haar gunsteling kleindogter  is ‘n vreemdeling vir haar. Sy het 4 tande, naels wat nie meer gecutex is nie en geen glimlag nie. Al haar “furr” jasse en “designer” hofskoene vergader stof in my ma se kas. Haar Lazy boy stoel waarop ons kleinkinders nooit op mag gesit het nie staan in ons sitkamer waarop ek nou met kruisbene sit.  Sy kan nie meer lekker boontjies of frikadelle vir my maak nie. Sy kan nie meer haar mooi diamant trouring vir my afhaal sodat ek kan kyk hoe lyk dit aan my vinger nie. Sy kan nie meer vir my poppe rokkies maak en my help om te tolletjie brei nie.

Ai Ouma, ek is so jammer ek het my neus opgetrek vir jou gebreide pienk uitrustings wat jy vir my gebrei het. Jammer ek het nie meer briefies vir jou geskryf  hoe ouer ek geword het nie. Jammer ek was stilletjies geirriteerd gewees as ek my kamer vir jou moes opgee as jy kom kuier het.  ouma, ek besef vanaand, 24 Desember 2010, die rede hoekom ek nie meer die krismis spirit in my hart voel nie is oor ek dit nie meer saam met jou kan deel nie. Ek mis dit om 6H00 in die oggende wakker gemaak te word met Radio Kansel se deuntjies en die reuk van jou feesmaal op Kersoggend. Vir almal wat Kersdag saam hulle grootouers gaan spandeer wees dankbaar en geniet elke sekonde saam hulle want sekondes mag dalk eendag al wees wat hulle sal kan onthou.

In 2005, toe die Altzheimer nog aan die begin stadium was het sy in die “Geel” gang gebly. Dis die gang vir die oumensies wat gesond en nog “op en wakker” is.  Sy het my eenkeer terug geroep net toe ek by haar kamerdeur uitgeloop het en vir my gese  “Sussie, ek sal jou nooit vergeet nie, ek belowe”.