Wednesday, March 2, 2011

hartedief

Ek het 15 harte in my kamer. Harte wat hang, kussing harte, hart halssnoere, 'n hart fotoraam. Oh nee wag!Ek het 16 harte. 'n Hart look-a-like klip. Harte is vir my die pragtigste vorm wat bestaan. Ek raak kinderlik opgewonde oor harte. Ek sien harte oral raak. Soms lyk dit nie heeltemal soos 'n hart nie maar ek sien die hart raak in alles. Vandat ek kan onthou doodle ek hartjies in my handboeke, dagboeke, op serfette, op notaboeke as ek op die telefoon klets,op my hand, op die banke by Universiteit, op verjaarsdagkaartjies, op my Facebook wallposts, op die gestoomde spieel in die badkamer.  Ek sien mense se harte raak nog voor hulle 'n woord praat. Ek sien HARTseer die vinnigste raak op vrouens se gesigte wat seer het. Langs die pad  met baba's op hul rue, die wat wag vir taxi's en stylvolle tannies wat in die malls so gretig inkopies doen. Die hart sien alles raak.

Ek het weer onlangs my liefde vir skryf ontdek. Nie dat mens wat ek nou doen skryf noem nie. Daar is woorde is my siel wat ek net uit my moet kry. Ek is HARTstogtelik besig om paragrawwe te vorm deesdae. My siel het "unfinished business". As ek skryf dan vlug daar ‘n spook uit my. Vrek, dit klink vreesaanjaend. My woorde vloei reg van my hart uit.Daar sit ‘n klein dogtertjie met 'n fransevlegsel in my hart wat op 'n tikmasjien tik wat gekoppel is aan my hart. Woord vir woord sweef die lettergrepe vrylik deur my are tot by my vingerpunte. Die meisiekind met die fransevlegsel het onglangs aan my gekarring oor die harte wat ek so opmerk en die wat ek die afgelope tyd nie raakgesien het nie.

Soos ek na die hartjies in my kamer kyk besef ek dat hierdie harte spesiale mense in my lewe vertolk. Mense wie gevorm het aan die meisiekind wie ek vandag is. Wie saam my  die gejaag van die lewe op dreef geneem het. Elke hart het 'n spesiale plek in my, um hart.  Die klein harte in my kamer is die kleinmensies in my lewe. Ek is 'n trotse tannie van 5 en 'n halwe hartjies. Die halwe hartjie is nog besig om te groei  in haar moeder se maag. Ek kan nie my lewe indink sonder die 5 engelhartjies nie. Tian,Sg, Daneal, Andre en Isabel se name is met 'n permanent marker op my hart geskryf. Die 5 hartjies het my al meer van die lewe gewys as wat my 22 jaar se ervaring my geleer het. Die kussing harte in my kamer is my maatjies. Sommiges is al vandat ek kan onthou net daar en sommiges is nuwe harte wat net op die regte tyd in my lewe ingewals het. Ek het 'n sagte plek vir elkeen van hulle in my hart. Ek is een van die min mense wat kan se dat ek nog nooit my ware harte verloor het nie. Die draadhart is my moeder wat my regbuig as ek verkeerde draaie maak en draadloos verkeer. Dan is daar 'n hartjie wat nie in my kamer is nie maar op my kerel se regterduim. Aan die begin stadium van ons kys het ek eendag in detail na sy hande gekyk en die klein hartjie op sy duim opgemerk. Die lyne op sy duim het 'n klein hart gevorm. Ek en hy kon ons oe nie glo nie want lyne was  'n perfekte hartsvorm. Hy het dit self nog nooit opgemerk nie. Die klein hart op sy duim beskryf presies die tipe hart wat hy het. 'n Klein hartjie. Klein maar getrein soos die oumense altyd gese het. Hy is die HARTklop in my lewe. Die HARTsbegeerte wat ek nooit geweet het bestaan nie. Die feit dat ek orals harte opmerk en daai dag een sommer op hom raakgesien het was van vroeg af 'n teken dat hierdie klein hart vir altyd 'n groot rol in my lewe gaan speel. "God made a home for me in his heart".Dan is daar 'n perfekte grys hart klip. Die pragtige klip is Jesus. Die rots waaran ek so gretig vasklou en wie my sanity is. Die klip kan nooit vergaan nie. Hierdie sterk hart is op speeddial in my lewe. Een van die tweeling wat ek au pair se vandag vir my sy praat met Jesus as sy bang is vir die donker. Ek noem toe vir haar dat ek altyd "Jesus liedjies" gesing het as ek bang geword het. Vreeslik bekommerd het sy geantwoord " Maar ek ken nie Jesus liedjies nie, regtig Tannie ek kan nie al daai grootwoorde onthou nie. Ek weet nie eers wat beteken "DIEN" nie. Daar is 'n liedjie by die skool wat ons sing van "Dien vir Jesus" maar asb se vir my wat dit beteken" Ek moet ook altyd my pose hou met die kleingoed wat sulke ougat vra vrae en so bekommerd is oor die onbenullighede in die lewe.

Onlangs het ek al hoe minder harte begin raaksien. Ek is so besig deur die dag. Dis asof 'n warrelwind al die harte opgeraap het en weggewaai het.'n Hartedief het al die harte kom steel want  ek fokus net op my dag se gebeure dat ek nie die klein lukrake dinge meer so raaksien en aanvoel nie. Ag gaan ons almal nie maar deur sulke warrelwind fases nie. Isabel en Daneal het onlangs by my en ouma kom oorslaap. Tweejarige Isabel het in die middel van die nag onrustig geword en haar kussing langs myne kom sit. Daar is 'n klein "glow in the dark" hart teen my plafon.
 "Ahhhhhhhhh, oeeee, kyk tannie leen, kyk!!!!" wys sy met haar piepklein vingertjie na die plafon. "Dis 'n hartjie!" So opgewonde, mens sou sweer haar pers hero Barney het vir haar kom kuier. Half 3 die oggend het ek besef hoe lank terug ek daai hartjie gesien het en haar opgewondenheid het my HARTsnare so geroer. So laaste maar nie die minste nie doop ek die klein "glow in the dark" hartjie "Isabel". Ek dink dis hoekom ek 'n juffrou gaan word, want dis altyd die KLEIN mense in my lewe wat my die KLEIN dinge in die lewe laat raaksien en my weer van voor af HART en siel laat glo in die GROOT dinge wat saak maak.

2 comments:

  1. Hoekom kry jy dit altyd reg om die trane te laat vloei as ek jou goed lees??? Dis pragtig my ou dromer maatjie. Ek Hartjie jou!!

    ReplyDelete
  2. Dis oor ek self so paar tranne pik terwyl ek tik hehe <3 <3 <3

    ReplyDelete