Ek stap nou die dag heel rustig langs my kerel en hou hande vas. Ons doen bietjie oog aankope en identifiseer celebrity look-a-likes in die dorp. Ons voete bereik die eerste roltrap en onmiddelik sit ek my arms om sy lyf en soen hom op die wang. "ag gee my 'n soentjie swartkat" vra ek heel desperaat. "Maar jy het dan aan die begin van ons verhouding gese jy vind dit nie baie amusant as paartjies op roltrappe soen nie"...um um um um Oh ja. Ek doen nie.
Daar trap maltrap meisiekind in die roltrap strik. Ek het nou nie my pelvis soos elvis teen sy ribbekas gepenetreer nie maar ek was bewoe op die roltrappe met little less conversation and a little more action please as my tema lied.
Dan is daar 'n ander kerel-en-nooi aktiwiteit wat my koue rillings tot in my bunion gee. "Bed braggers". Hoekom wil jy foto's op Facebook laai terwyl jy en jou geliefde 'n kussing deel." Kyk julle!!!!Ons le saam op die bed!!!!!Ek het hom sopas bevredig met paar soene en nou le ons op dieselfde bed!!!!DIESELFDE BED!!Kyk julle!!Dis op Facebook!!!" Ek het darem nog nie in die "bed bragger" strik beland nie alhoewel ek agtergekom het mens se hare val nogals heel romanties op die regte plekke as mens langs mekaar le en "perdie piepie" vir 'n kiekie.
Laai dit op Facebook?
Nee.
Louwma Boshoff is in 'n verhouding met Dewald focker.
Louma Boshoff le nog heerlik in my sAxY bF se Arms en kYk Grey's. Oe hy is Saxy.
Louma Boshoff kan nie Wag Om moRe my wArm patat te Sien nie.Mis hom So baie julle outjies
Louma Boshoff ai dis Alweer Blou Maandag. Mis my man. (Nie geweet daar was 'n troue nie??Man?)
Louma Boshoff Mis my man so baie vandag, ek voel somr Sad :( sniff sniff vanand gan ek jou op Mwaaah
Louma Boshoff kan nie glo my broer is vanoggend oorlede nie, jis ek Gan Jou Mis kleinboet..gelukkig sien ek vanaand my SaXy outjie..Mis jou My man mwah mwah.
Louma Boshoff jy is 'n Do*s, Ek haat jou. Kan Nie glo ek Het nie bEsef jy is Soos die ander nie.
Louwma Boshoff gAn vanaand Dans tot die son Op kom. Lekker Girlfriendzzzz
Louwma Boshoff is nou enkellopend
Louma laai nou dronk party foto's op Facebook en beoefen nou 'n nuwe stokperdjie = haatspraak teenoor haar eks-"Man".
As jy in 'n verhouding is weet jy dat die dinge wat jou voorheen geirriteer het van jou onenkellopende vriedinne nou jou alledaagse bestaan is. Jy beland maar in paar strikke wat jy nie geweet het jy ooit sou doen nie. Liefde maak jou kop 'n parkie vol jungle gyms en jy wil alles uit toets en ry. Goed dit klink nou gladnie dubbelsinnig nie en nie soos ek dit wil uitdruk nie. Jy gaan jou liefde met die wereld wil deel wat jy vir jou beter helfde het. Maar daar is 'n fyn lyn tussen geseend voorkom en soetsappige en persoonlike informasies met 'n sosiale netwerk te wil deel. Dalk is dit die rede hoekom Louma* en Dewald* se paadjies geskei het.
Hoekom roltrap liefde beoefen as jy kosbare, persoonlike huisbak liefde kan deel?
http://www.keepbusy.net/play.php?id=drunk-couple-vs-escalator
ReplyDeleteHAHA kyk hierdie Video...dronk paartjie wat van roltrappe afvoeter!Kry nou vir jou.
ReplyDeleteDankie vir my daaglikse giggel! Ek het die nou baie geniet!
ReplyDelete