Saturday, April 23, 2011

*If you wish upon a star*

Ek word onlangs weer betower deur ou classic Disney films. Mnet wys op saterdaeaande die maand ou  Disney films en my hart is weer 6 jaar oud. Ek het sommer vir my ‘n Disney compilation album gaan koop. Ek ry laasweek laatmiddag klas toe en tref toe verkeer. Ek het met soveel oorgawe en passie “A whole new world” vollebors gesing dat my motor buurman vir my gegiggel het. Ek het sonder moeite op my “Magic carpet” deur die verkeer gevleg met ‘n smile op my gesig en ‘n genie in my hart.
Soos ek weer geinspireer word deur die films en die soundtracks het ek net weer besef hoe mens van kleins af geindokterneer word deur die wyse woorde “Follow your dreams”..”Wish upon a magic star and your dreams will come true”…”And they live happily ever after”.
Daarom kon ek op ‘n verhoog stap met ‘n mikrofoon in my hand en sonder om te blik of bloos vir ‘n gehoor vol mense sing. Ek het die selfvertroue van Prince Charming gehad en die gelaatstreke van Belle van Beauty and the Beast. Ek het moed soos Simba gehad en die wil van Ariel van Little Mermaid.  “Grootmense” verkleur die lewe met pragkleure soos van ‘n reenboog en sorg dat die kleintjies met glinsterende oe na die wereld kyk al kyk hul nie met dieselfde oe nie. Hoe ouer mens word hoe wyser word mens en hoe meer sien ons deur die “magic words” van grootmense en films. Ons prinses/held  harte begin stadiger klop en ons hoopvolle uitkyk op die lewe word sinies. Die droomwereld verdwyn soos ‘n poef klank. Ons word aangemoedig om in ‘n kleurryke droomwereld te lewe as ons klein is en eweskielik op ‘n dag word daar vir ons gese “Jy moet ophou om in ‘n droomwereld te lewe. Jy is nou in die grootmens wereld. Ruik die realitiet en word groot. Vader Krismis bestaan nie, feetjies was nog nooit gebore nie en die tandmuis woon in jou ma se beursie." Hierdie woorde laat jou rebeleer soos Peter Pan. Jy wil nie groot word nie. Jy wil wegkruip vir die realiteit skaduwee wat jou om elke hoek en draai terg.
Niemand vertel vir jou jy moet hard werk vir jou drome en dat jy nie net daarvoor kan wens nie. Niemand vertel vir jou jy gaan seerkry en kwaad word vir die wereld nie. Niemand vertel vir jou jou lewe en alles waarin jy geglo het kan in 24uur verander nie. Nee, jy moet oornag groot word en die baba poef doek realiteit reuk tref jou neus soos ‘n popcorn poep. Jy laat jou drome seevier in die donkernag, draai jou kop weg van daai mooi reenboog en die ou bekende classic “somewhere over the rainbow” laat jou aan ‘n tragiese ouetehuis eetsaal dink.
My proef internskap is nou al 2 weke agter my rug en een waardevolle ding wat ek besef het in die 10 dae van klasgee is dat ek in die bevoorregte posisie is waar ek nie hoef groot te word nie. Ek kan maar nog ‘n kind bly. Dit is vir my noodsaaklik om nog ‘n kinder hart te besit want dit maak my juffrou-wees soveel makliker. Ek was lanklaas so gelukkig en vol hoop en vreugde in die  2 weke as wat ek in ‘n lank tyd was. Ek loop met ‘n Disney wysie in my hart en kan klein snotneusies in die onmoontlike help glo. Ek het self weer in die onmoontlike begin glo en al die siniese denkwyses het saam met die bok stamppead soos in the lion king verdwyn.
Nee, dit is nie nodig om te vertel van hartseer en swaartye  nie maar dat dit okei is om nog op verskietende sterre en uitval wimpers te kan wens.  Dit is noodsaaklik om nogsteeds vas te klou aan jou drome en nie dat die klein onnodige kopstampe in die lewe jou reenboog vir jou swart verf nie. Daar is ‘n pot aan die einde van die reenboog en nee jy gaan nie goud, diamante of dollars daarin kry nie maar die geleentheid om iets met jou lewe te doen wat jou elke dag hoendervleis gaan gee.
So daarom hoop ek dat daar ander “grootmense” daar buite is wat ook saterdae aande die Disney classics deur kinder oe sal kyk sodat hulle weer daai tikkie hoop in hul lewe kan terugkry.
Somewhere over the rainbow,Skies are blue
And the dreams that you dare to dream
Really do come true...

If happy little bluebirds fly
Above the rainbow
Why, oh why, can't I?