Wednesday, November 9, 2011

Boomerang.

Boomerangs.  Dis snaaks hoe ek altyd die idee van ‘n boomerang scary vind. Nog altyd. Toe ek jonger was het ek altyd gewonder hoekom kry mens nie in Suid Afrika boomerangs nie. Ek weet nie eers of mens doen nie maar ek het net gedink dit is van Australie en dit kan mens seermaak. Net nou vang ek die ding mis en dit tref my onderste tande en ek is tandloos of net nou tref dit my boob. Ouw kry sommer ‘n kramp. 
Nou dat ek ouer word besef ek boomerangs maak my bang want ek is bang vir die terugkomslag. Ek is bang vir gevoelens wat ek al jare wegbere  in my hart in ‘n toe gegroeide music box vol mos wat diep diep diep dieper as die Titanic se “Heart of the ocean” is.  Ek probeer soveel keer emosies en denke vermy en dan op ‘n dag Boomerang dit terug en al probeer ek hardloop soos Forest Gump kan ek nie wegkom van daai harde stuk plastiek nie en ek probeer so hard want ek weet dit gaan my hart en siel vierkantig/reghoekig/driehoekig tref dat daai music box vol mos gaan opval en my in die oe staar.
Face the music. Ek verpes daai stelling. Ek is lief vir musiek maar nie die soorte musiek nie. Die viool se tremelo en die tjello se diep melancholies klank penetreer my hartsnare teveel sodat al my, of altans die min gremering wat ek dra tot op my sleutelbeen drip en dan weet ek die boomerang het die music box se liedjie laat speel en ek moet dit face.
Dit is vir my altyd opvallend hoe mense ‘n front opsit van dat dit goed gaan. Dat alles glad verloop, dat hulle insync is met hul alledaagse gebeurtenisse en met God. Ek weet, ek doen dit ook alhoewel ek paar Facebook rants kan gooi en my kerel se ore van sy kop af moan oor kinders wat nie luister nie. Rant en moan ek oor die dinge wat almal weet maar nie oor wat seermaak nie. Nie oor die dinge wat elke 3de maand weer kom boomerang nie. Baie van ons loop met n rugsak vol boomerangs. Daai rugsak word so vol dat ons sonder dat ons weet dit begin aanleer om soos n hunchback te loop en glimlag. 
Dinge gaan terugkom na jou toe. Dinge gaan nie net soos mis voor die son verdwyn nie maar jy moet stadig maar seker daai boomerangs uit jou rugsak gooi. En weet jy wat is die wonderlike ding van die Man daar bo? Net soos wat hy insync is met ons harte is hy insync met boomerangs. 
As jy dit vir hom in die wolke opgooi  laat Hy dit nie terugkom nie.