Monday, March 21, 2011

Mot moordenaar.

Ag vervlaks!Ek spring van  my bed af en hardloop kombuis toe. Ek maak die kasdeur onder die wasbak oop en soek ongeduldig na die DOOM. Ek hardloop terug kamer toe met ‘n ietwat “goosebumps” voorblad gesiguitdrukking waar my tande grasgroen word en my oe bloedrooi vertoon van waansinnige woede. “pppsssssssssssssssssssssssssssssssss  ppsssssssssssssssssssssssssssssssssss  pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssssss ppppsssssssssssssss psssssssss” Ek spuit vreesaanjaend en toe sommer nog ‘n keer “pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssss psssssssssssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssss”. Oe dis amper orgasmies laat ek net nog ‘n lekker lang spuit gee “pssssssssssssssssssssssssssssssssssss” Daarsy jou vabond! Ek bere die Doom blikkie op my vensterbank vir ingeval ek weer geteister word later die aand. Ek hoes my blindederm uit en gaan staan vir ‘n ruk voor die televisie sodat die DOOM nie my longe vergiftig nie. Ken ons almal nie hierdie gebeurtenis nie?
Naand julle, ek is Marleen meisiekind Roode, ek is ‘n mot moordenaar. Hallo Marleen. Motte. My liewe insecure gediertes. Ek se jou, ek dink motte is oor die algemeen emo. Hulle voel minderwaardig oor hulle die “lelike eendjies” van die vlinder familie is. Ek begin al hoe meer dink hulle probeer selfmoord pleeg teen my lampskerm en die mure. Hulle is die kleur van stoelgang. Dit gee jou meer as genoeg rede om ‘n muur te wil breek. My een vriendin is doodbang vir ‘n mot. Sy het ‘n traumatiese insident ervaar met hierdie stofbelaaide skobbejakke. “Marleen, jy mag hierdie nooit ooit vir iemand vertel nie maar daar het gisteraand ‘n mot in my oor in gevlieg. Na ‘n gesukkel het my ma hom uit gekry, dit was aaklig, dit het gevoel of daar ‘n swerm buie in my oor was van al die gezoom”. Soos ek is moes ek my bolwang kieste behoorlik byt om nie uit te bars van die lag nie. So, ek sal nie my vriendin se naam noem nie aangesien ek nie toestemming het nie. Voel soos gister wat sy vir my vertel het en dit is al 7 jaar terug.
Ek bly nie alleen in my kamer nie. Andre is ook ‘n inwoner. Andre is ‘n klein  spinnekoppie. Regtig piepklein. Sy spinnerak is bokant my gordyn reeling. Sy gunsteling tydsverdryf is om te wieg. Hy was seker by ‘n Andre Rieu vertoning want dis mos wat al die mense in die gehoor doen. Ek sal ‘n mot vermoor maar is te lui om op ‘n stoel te klim en vir Andre te DOOM. Hoekom? Want Andre  pla my nie. Hy hump nie my skootrekenaar skerm, my mure, my ligte of my oor nie. Hy wieg bo my kop met ‘n Johan Strauss komposisie in sy gedagtes, woon “spinning” klasse by en weereens, wieg. Ek val myself nou in die rede maar daar was laas week ‘n “vadertjielangbeen” in my kerel se badkamer. Hoekom sal mens altyd eers wanneer jou broek op jou enkels is en jou agterstewe die koue sitplek bereik het besef daar is 'n langbeen spinnekop wat jou dophou. Dis asof hy eers begin senuweeagtig  raak as mens vir hom kyk. Dan begin hy ook te wieg, maar op ‘n spaanse tango. Hulle bly nog heel kalm maar wanneer mens die toilet flush gaan hul beserk en dis wanneer ek rillings kry en uithol asof ek op kole trap.
Om terug te kom by my Mot moordenaarreeks. Hoekom hou motte so baie van lig? Kyk ek het nou al die vraag net so in boere Afrikaans gegoogle en ek kry nogsteeds nie ‘n goed genoeg rede nie. Soos ek kan aflei is daar een of ander meganisme in hulle drollerige lywwe wat hulle laat hunker na die lig. Soos ‘n obese 14 jarige wat probeer wegbly van die yskas af, maar sy kan nie. Hulle is verslaaf aan lig. Hulle het ‘n fetish met die maan ook maar aangesien hulle emo, laeselfbeeld insekte is weet hulle die gesegde van “Reach for the stars, because just maybe you’ll land on the moon” is ongelukkig nie op toepassing van hulle klein vlerkies nie. Hulle is verlief op die maan, soos in Princess and the frog waar daai hillbilly vuurvliegie ‘n obsessie met die maan het. So my liewe mot maats settle nou vir second best en verkrag my lampie.
Nadat ek so bietjie oor my mot maats gelees het het ek hulle begin jammer kry. Hulle is soos daai eensame siele wat hulle eerste liefde verloor en enige iemand of enige iets aanlok om oor hulle hartseer te kom. Hulle is verslaaf aan lig. Hoe meer ek dit se hoe mooier klink dit vermy. Motte is verslaaf aan lig.  En al irriteer hulle my ontsettend baie het ek besluit om my DOOM blikkie in die kas onder die wasbak te gaan terug bere, hoekom? Want motte is inspirerend. Ja, uit die mond van ‘n mot moordernaar.

Daar is ‘n stowwerige skobbejak in elkeen van ons maar ons DOOM ons liggies te vinnig uit en probeer die lig te vermy. Die donker is mos meer aanloklik vir sommige van ons. Ons kruip die donker in soos ‘n gedrog in die nag.  En op ‘n dag, verblind die lig ons oe so asof ons vir ‘n week aanneen donkerkamertjie gespeel het. 

Ek het die mot binne my al telkemale gepssssssssssss. Die lewe neem mens mos maar op ‘n treinrit deur donker tonnels waar jy jou asem probeer ophou oor jy jou eie kop wil volg, jou eie baas wil wees, jou eie probleme wil hanteer en jou lewe in jou eie hande wil neem. Jy blinddoek jouself teen die lig omdat jy voel niemand is daarbo wat jou laste vir jou LIGter kan maak nie. Hoekom wil jy die lig na jou toe aantrek as jou gloeilamp maar net weer verdof na ‘n ruk. As ons maar net kon aanhou en aanhou soos 'n mot. Sonder om moed op te gee vir die Lig. Rozanne het nou die dag so pragtige status gehad “There’s a crack (or cracks) in everyone…that’s how the light of God gets in.” 
Ek gaan die week die mot binne my aanwakker en inspirerende stof afgee. Ek wil ook verslaaf wees aan die lig.
My gloeilamp gaan van vandag af brand soos 'n stout kind se boude.

Sunday, March 13, 2011

Roltrap Liefde

Ek het nog altyd 'n manie teen "roltrap liefde". Paartjies wat op roltrappe staan en mekaar omhels asof hulle mekaar groet op  'n lughawe. Hulle stap heel rustig en hou hande vas totdat hulle voete die eerste roltrap bereik. Dan is dit verby. Die meisie staan gewoonlik op 'n trappie hoer as haar kerel sodat haar borste gelyk is met sy neus. Dan fluister hul vir mekaar "sweet nothings", lag uit hulle naeltjies en gee mekaar soetsappige spoegerige soene dat franse manne hulle ontbyt sal terug sluk met 'n nabrand in die keel. Sodra die roltrap rit verby is stap hulle weer heel rustig langs mekaar en hou hande vas. Roltrap liefde. Wat is dit met roltrappe en paartjies? Hoekom word hulle labido's aan die "rol" gesit sodra hulle roltrappe bereik?

Ek stap nou die dag heel rustig langs my kerel en hou hande vas. Ons doen bietjie oog aankope en identifiseer celebrity look-a-likes in die dorp. Ons voete bereik die eerste roltrap en onmiddelik sit ek my arms om sy lyf en soen hom op die wang. "ag gee my 'n soentjie swartkat" vra ek heel desperaat. "Maar jy het dan aan die begin van ons verhouding gese jy vind dit nie baie amusant as paartjies op roltrappe soen nie"...um um um um Oh ja. Ek doen nie.

Daar trap maltrap meisiekind in die roltrap strik. Ek het nou nie my pelvis soos elvis teen sy  ribbekas gepenetreer nie maar ek was bewoe op die roltrappe met little less conversation and a little more action please as my tema lied.

Dan is daar 'n ander kerel-en-nooi aktiwiteit wat my koue rillings tot in my bunion gee. "Bed braggers". Hoekom wil jy foto's op Facebook laai terwyl jy en jou geliefde 'n kussing deel." Kyk julle!!!!Ons le saam op die bed!!!!!Ek het hom sopas bevredig met paar soene  en nou le ons op dieselfde bed!!!!DIESELFDE BED!!Kyk julle!!Dis op Facebook!!!" Ek het darem nog nie in die "bed bragger"  strik beland nie alhoewel ek agtergekom het mens se hare val nogals heel romanties op die regte plekke as mens langs mekaar le en "perdie piepie" vir 'n kiekie.
Laai dit op Facebook?
Nee.

Louwma Boshoff is in 'n verhouding met Dewald focker.

"Louma boshoff sien vanaand weer my outjie. Ag ek het so na hom verlang. Het hom 4 ure terug gesien..hehe agggg hy is so hot Mwah LieV vir jou"   (LieF)
Louma Boshoff le nog heerlik in my sAxY bF se Arms en kYk Grey's. Oe hy is Saxy.
Louma Boshoff kan nie Wag Om moRe my wArm patat te Sien nie.Mis hom So baie julle outjies
Louma Boshoff ai dis Alweer Blou Maandag. Mis my man. (Nie geweet daar was 'n troue nie??Man?)
Louma Boshoff Mis my man so baie vandag, ek voel somr Sad :( sniff sniff vanand gan ek jou op Mwaaah
Louma Boshoff kan nie glo my broer is vanoggend oorlede nie, jis ek Gan Jou Mis kleinboet..gelukkig sien ek vanaand my SaXy outjie..Mis jou My man mwah mwah.
Louma Boshoff jy is 'n Do*s, Ek haat jou. Kan Nie glo ek Het nie bEsef jy is Soos die ander nie.
Louwma Boshoff gAn vanaand Dans tot die son Op kom. Lekker Girlfriendzzzz
Louwma Boshoff is nou enkellopend

Louma laai nou dronk party foto's op Facebook en beoefen nou 'n nuwe stokperdjie = haatspraak teenoor haar eks-"Man".

As jy in 'n verhouding is weet jy dat die dinge wat jou voorheen geirriteer het van jou onenkellopende vriedinne nou jou alledaagse bestaan is. Jy beland maar in paar strikke wat jy nie geweet het jy ooit sou doen nie. Liefde maak jou kop 'n parkie vol jungle gyms en jy wil alles uit toets en ry. Goed dit klink nou gladnie dubbelsinnig nie en nie soos ek dit wil uitdruk nie. Jy gaan jou liefde met die wereld wil deel wat jy vir jou beter helfde het. Maar daar is 'n fyn lyn tussen geseend voorkom en soetsappige en persoonlike informasies met 'n sosiale netwerk te wil deel. Dalk is dit die rede hoekom Louma* en Dewald* se paadjies geskei het.

Hoekom  roltrap liefde beoefen as jy kosbare, persoonlike huisbak liefde kan deel?

Wednesday, March 2, 2011

hartedief

Ek het 15 harte in my kamer. Harte wat hang, kussing harte, hart halssnoere, 'n hart fotoraam. Oh nee wag!Ek het 16 harte. 'n Hart look-a-like klip. Harte is vir my die pragtigste vorm wat bestaan. Ek raak kinderlik opgewonde oor harte. Ek sien harte oral raak. Soms lyk dit nie heeltemal soos 'n hart nie maar ek sien die hart raak in alles. Vandat ek kan onthou doodle ek hartjies in my handboeke, dagboeke, op serfette, op notaboeke as ek op die telefoon klets,op my hand, op die banke by Universiteit, op verjaarsdagkaartjies, op my Facebook wallposts, op die gestoomde spieel in die badkamer.  Ek sien mense se harte raak nog voor hulle 'n woord praat. Ek sien HARTseer die vinnigste raak op vrouens se gesigte wat seer het. Langs die pad  met baba's op hul rue, die wat wag vir taxi's en stylvolle tannies wat in die malls so gretig inkopies doen. Die hart sien alles raak.

Ek het weer onlangs my liefde vir skryf ontdek. Nie dat mens wat ek nou doen skryf noem nie. Daar is woorde is my siel wat ek net uit my moet kry. Ek is HARTstogtelik besig om paragrawwe te vorm deesdae. My siel het "unfinished business". As ek skryf dan vlug daar ‘n spook uit my. Vrek, dit klink vreesaanjaend. My woorde vloei reg van my hart uit.Daar sit ‘n klein dogtertjie met 'n fransevlegsel in my hart wat op 'n tikmasjien tik wat gekoppel is aan my hart. Woord vir woord sweef die lettergrepe vrylik deur my are tot by my vingerpunte. Die meisiekind met die fransevlegsel het onglangs aan my gekarring oor die harte wat ek so opmerk en die wat ek die afgelope tyd nie raakgesien het nie.

Soos ek na die hartjies in my kamer kyk besef ek dat hierdie harte spesiale mense in my lewe vertolk. Mense wie gevorm het aan die meisiekind wie ek vandag is. Wie saam my  die gejaag van die lewe op dreef geneem het. Elke hart het 'n spesiale plek in my, um hart.  Die klein harte in my kamer is die kleinmensies in my lewe. Ek is 'n trotse tannie van 5 en 'n halwe hartjies. Die halwe hartjie is nog besig om te groei  in haar moeder se maag. Ek kan nie my lewe indink sonder die 5 engelhartjies nie. Tian,Sg, Daneal, Andre en Isabel se name is met 'n permanent marker op my hart geskryf. Die 5 hartjies het my al meer van die lewe gewys as wat my 22 jaar se ervaring my geleer het. Die kussing harte in my kamer is my maatjies. Sommiges is al vandat ek kan onthou net daar en sommiges is nuwe harte wat net op die regte tyd in my lewe ingewals het. Ek het 'n sagte plek vir elkeen van hulle in my hart. Ek is een van die min mense wat kan se dat ek nog nooit my ware harte verloor het nie. Die draadhart is my moeder wat my regbuig as ek verkeerde draaie maak en draadloos verkeer. Dan is daar 'n hartjie wat nie in my kamer is nie maar op my kerel se regterduim. Aan die begin stadium van ons kys het ek eendag in detail na sy hande gekyk en die klein hartjie op sy duim opgemerk. Die lyne op sy duim het 'n klein hart gevorm. Ek en hy kon ons oe nie glo nie want lyne was  'n perfekte hartsvorm. Hy het dit self nog nooit opgemerk nie. Die klein hart op sy duim beskryf presies die tipe hart wat hy het. 'n Klein hartjie. Klein maar getrein soos die oumense altyd gese het. Hy is die HARTklop in my lewe. Die HARTsbegeerte wat ek nooit geweet het bestaan nie. Die feit dat ek orals harte opmerk en daai dag een sommer op hom raakgesien het was van vroeg af 'n teken dat hierdie klein hart vir altyd 'n groot rol in my lewe gaan speel. "God made a home for me in his heart".Dan is daar 'n perfekte grys hart klip. Die pragtige klip is Jesus. Die rots waaran ek so gretig vasklou en wie my sanity is. Die klip kan nooit vergaan nie. Hierdie sterk hart is op speeddial in my lewe. Een van die tweeling wat ek au pair se vandag vir my sy praat met Jesus as sy bang is vir die donker. Ek noem toe vir haar dat ek altyd "Jesus liedjies" gesing het as ek bang geword het. Vreeslik bekommerd het sy geantwoord " Maar ek ken nie Jesus liedjies nie, regtig Tannie ek kan nie al daai grootwoorde onthou nie. Ek weet nie eers wat beteken "DIEN" nie. Daar is 'n liedjie by die skool wat ons sing van "Dien vir Jesus" maar asb se vir my wat dit beteken" Ek moet ook altyd my pose hou met die kleingoed wat sulke ougat vra vrae en so bekommerd is oor die onbenullighede in die lewe.

Onlangs het ek al hoe minder harte begin raaksien. Ek is so besig deur die dag. Dis asof 'n warrelwind al die harte opgeraap het en weggewaai het.'n Hartedief het al die harte kom steel want  ek fokus net op my dag se gebeure dat ek nie die klein lukrake dinge meer so raaksien en aanvoel nie. Ag gaan ons almal nie maar deur sulke warrelwind fases nie. Isabel en Daneal het onlangs by my en ouma kom oorslaap. Tweejarige Isabel het in die middel van die nag onrustig geword en haar kussing langs myne kom sit. Daar is 'n klein "glow in the dark" hart teen my plafon.
 "Ahhhhhhhhh, oeeee, kyk tannie leen, kyk!!!!" wys sy met haar piepklein vingertjie na die plafon. "Dis 'n hartjie!" So opgewonde, mens sou sweer haar pers hero Barney het vir haar kom kuier. Half 3 die oggend het ek besef hoe lank terug ek daai hartjie gesien het en haar opgewondenheid het my HARTsnare so geroer. So laaste maar nie die minste nie doop ek die klein "glow in the dark" hartjie "Isabel". Ek dink dis hoekom ek 'n juffrou gaan word, want dis altyd die KLEIN mense in my lewe wat my die KLEIN dinge in die lewe laat raaksien en my weer van voor af HART en siel laat glo in die GROOT dinge wat saak maak.