Monday, March 21, 2011

Mot moordenaar.

Ag vervlaks!Ek spring van  my bed af en hardloop kombuis toe. Ek maak die kasdeur onder die wasbak oop en soek ongeduldig na die DOOM. Ek hardloop terug kamer toe met ‘n ietwat “goosebumps” voorblad gesiguitdrukking waar my tande grasgroen word en my oe bloedrooi vertoon van waansinnige woede. “pppsssssssssssssssssssssssssssssssss  ppsssssssssssssssssssssssssssssssssss  pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssssss ppppsssssssssssssss psssssssss” Ek spuit vreesaanjaend en toe sommer nog ‘n keer “pssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssssssssss psssssssssssssssssssssssssssssssssss pssssssssssssssssssss”. Oe dis amper orgasmies laat ek net nog ‘n lekker lang spuit gee “pssssssssssssssssssssssssssssssssssss” Daarsy jou vabond! Ek bere die Doom blikkie op my vensterbank vir ingeval ek weer geteister word later die aand. Ek hoes my blindederm uit en gaan staan vir ‘n ruk voor die televisie sodat die DOOM nie my longe vergiftig nie. Ken ons almal nie hierdie gebeurtenis nie?
Naand julle, ek is Marleen meisiekind Roode, ek is ‘n mot moordenaar. Hallo Marleen. Motte. My liewe insecure gediertes. Ek se jou, ek dink motte is oor die algemeen emo. Hulle voel minderwaardig oor hulle die “lelike eendjies” van die vlinder familie is. Ek begin al hoe meer dink hulle probeer selfmoord pleeg teen my lampskerm en die mure. Hulle is die kleur van stoelgang. Dit gee jou meer as genoeg rede om ‘n muur te wil breek. My een vriendin is doodbang vir ‘n mot. Sy het ‘n traumatiese insident ervaar met hierdie stofbelaaide skobbejakke. “Marleen, jy mag hierdie nooit ooit vir iemand vertel nie maar daar het gisteraand ‘n mot in my oor in gevlieg. Na ‘n gesukkel het my ma hom uit gekry, dit was aaklig, dit het gevoel of daar ‘n swerm buie in my oor was van al die gezoom”. Soos ek is moes ek my bolwang kieste behoorlik byt om nie uit te bars van die lag nie. So, ek sal nie my vriendin se naam noem nie aangesien ek nie toestemming het nie. Voel soos gister wat sy vir my vertel het en dit is al 7 jaar terug.
Ek bly nie alleen in my kamer nie. Andre is ook ‘n inwoner. Andre is ‘n klein  spinnekoppie. Regtig piepklein. Sy spinnerak is bokant my gordyn reeling. Sy gunsteling tydsverdryf is om te wieg. Hy was seker by ‘n Andre Rieu vertoning want dis mos wat al die mense in die gehoor doen. Ek sal ‘n mot vermoor maar is te lui om op ‘n stoel te klim en vir Andre te DOOM. Hoekom? Want Andre  pla my nie. Hy hump nie my skootrekenaar skerm, my mure, my ligte of my oor nie. Hy wieg bo my kop met ‘n Johan Strauss komposisie in sy gedagtes, woon “spinning” klasse by en weereens, wieg. Ek val myself nou in die rede maar daar was laas week ‘n “vadertjielangbeen” in my kerel se badkamer. Hoekom sal mens altyd eers wanneer jou broek op jou enkels is en jou agterstewe die koue sitplek bereik het besef daar is 'n langbeen spinnekop wat jou dophou. Dis asof hy eers begin senuweeagtig  raak as mens vir hom kyk. Dan begin hy ook te wieg, maar op ‘n spaanse tango. Hulle bly nog heel kalm maar wanneer mens die toilet flush gaan hul beserk en dis wanneer ek rillings kry en uithol asof ek op kole trap.
Om terug te kom by my Mot moordenaarreeks. Hoekom hou motte so baie van lig? Kyk ek het nou al die vraag net so in boere Afrikaans gegoogle en ek kry nogsteeds nie ‘n goed genoeg rede nie. Soos ek kan aflei is daar een of ander meganisme in hulle drollerige lywwe wat hulle laat hunker na die lig. Soos ‘n obese 14 jarige wat probeer wegbly van die yskas af, maar sy kan nie. Hulle is verslaaf aan lig. Hulle het ‘n fetish met die maan ook maar aangesien hulle emo, laeselfbeeld insekte is weet hulle die gesegde van “Reach for the stars, because just maybe you’ll land on the moon” is ongelukkig nie op toepassing van hulle klein vlerkies nie. Hulle is verlief op die maan, soos in Princess and the frog waar daai hillbilly vuurvliegie ‘n obsessie met die maan het. So my liewe mot maats settle nou vir second best en verkrag my lampie.
Nadat ek so bietjie oor my mot maats gelees het het ek hulle begin jammer kry. Hulle is soos daai eensame siele wat hulle eerste liefde verloor en enige iemand of enige iets aanlok om oor hulle hartseer te kom. Hulle is verslaaf aan lig. Hoe meer ek dit se hoe mooier klink dit vermy. Motte is verslaaf aan lig.  En al irriteer hulle my ontsettend baie het ek besluit om my DOOM blikkie in die kas onder die wasbak te gaan terug bere, hoekom? Want motte is inspirerend. Ja, uit die mond van ‘n mot moordernaar.

Daar is ‘n stowwerige skobbejak in elkeen van ons maar ons DOOM ons liggies te vinnig uit en probeer die lig te vermy. Die donker is mos meer aanloklik vir sommige van ons. Ons kruip die donker in soos ‘n gedrog in die nag.  En op ‘n dag, verblind die lig ons oe so asof ons vir ‘n week aanneen donkerkamertjie gespeel het. 

Ek het die mot binne my al telkemale gepssssssssssss. Die lewe neem mens mos maar op ‘n treinrit deur donker tonnels waar jy jou asem probeer ophou oor jy jou eie kop wil volg, jou eie baas wil wees, jou eie probleme wil hanteer en jou lewe in jou eie hande wil neem. Jy blinddoek jouself teen die lig omdat jy voel niemand is daarbo wat jou laste vir jou LIGter kan maak nie. Hoekom wil jy die lig na jou toe aantrek as jou gloeilamp maar net weer verdof na ‘n ruk. As ons maar net kon aanhou en aanhou soos 'n mot. Sonder om moed op te gee vir die Lig. Rozanne het nou die dag so pragtige status gehad “There’s a crack (or cracks) in everyone…that’s how the light of God gets in.” 
Ek gaan die week die mot binne my aanwakker en inspirerende stof afgee. Ek wil ook verslaaf wees aan die lig.
My gloeilamp gaan van vandag af brand soos 'n stout kind se boude.

No comments:

Post a Comment